Local newsNews

Afrikaanse Toastmasters Alberton verwelkom almal

Die Afrikaanse Toastmasters-klub van Alberton het Donderdagaand 13 Maart 'n pretbelaaide program aangebied.

Sukkel jy om voor mense te praat? Wil jy jou kommunikasievaardighede en selfvertroue verbeter? Die Afrikaanse Toastmasters-klub van Alberton kan help!

Die Afrikaanse Toastmasters-klub van Alberton het Donderdagaand 13 Maart ‘n pretbelaaide program aangebied. Gasspreker Ricky Engelbrecht het ‘n opleidingstoespraak gelewer met die titel “Make the circle bigger”. Dit het gehandel oor hoe die boodskap van Toastmasters uitgebrei kan word.

Cornelia Pleho het die gehoor laat skaterlag met haar toespraak getiteld “Die vriendelike vyand”, terwyl Adri Rothmann ons vermaak het met haar toespraak getiteld “Sweets Bowl”. Gene Mathey het ons kreatiewe denke laat vloei met sy pretpraatjies, en ter afsluiting het Tracy Smith met haar pittige kwinkslae leersame terugvoer oor die vergadering gegee.

Die Afrikaanse Toastmasters-klub van Alberton se doelwit is om in ‘n klubomgewing ‘n ondersteundende en positiewe leerervaring te skep waarin lede bemagtig word om kommunikasie- en leierskapsvaardighede te ontwikkel, wat verhoogde selfvertroue en persoonlike groei tot gevolg het.

Die Afrikaanse Toastmasters-klub van Alberton vergader op die tweede en vierde Donderdagaand van elke maand om 18:30 vir 19:00 by Alberhart Tennisklub, hoek van Rosslyn- en Leniestrate, Randhart. Die toegangsfooi teen R50 per vergadering sluit ‘n pretpakkie in, en lidmaatskap-opsies kan met die vise-president bespreek word.

Vir meer besonderhede kontak gerus Adri Rothmann 072 686 3549, adri.rothmann@vodamail.co.za of e-pos marcharlj@gmail.com of Marchárl Jankowitz 079 855 1116.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button