Local newsNews

Nog ‘n deelnemer het haar oog op Mev SA kroon

Haar sterk oortuiging dat vroue ‘n groot verskil kan maak, is die dryfkrag agter Melissa Muller van Albermarle se inskrywing in vanjaar se Mev SA kompetisie.

ALBERMARLE –  Melissa Muller is tans onder die top 55 en semi-finaal met die hoop om op 12 April as een van die finaliste aangekondig te word.

Met ‘n lewe wat ‘n draai in die hotelbedryf, as persoonlike assistant in die privaatsektor en tans as mode-ontwerper gemaak het, beskryf Melissa haarself as bevoorreg. “Vandag lewe ek regtig my droom uit. Ek het getrou met die man van my drome, ek is mal oor my werk en nou is ek is semi-finalis in Mev SA.”

Hoewel nog in sy kinderskoene, het Melissa groot verwagting vir haar reeks, MEL, en sy vertel dat daar baie goeie dinge in die pyplyn is: “Hou hierdie ruimte dop!” glimlag sy.

Maar waarom inskryf in die kompetisie?

“Ek het ‘n passie vir vrouens en groot waardering vir dit waartoe ons alles in staat is. Dit is een van die groot redes hoekom ek vir Mev SA ingeskryf het. Vrouens is die steunpilare in die samelewing, hetsy by die werk of vir jou gesin. Ons is die gom wat alles bymekaar hou. ‘Sisterhood’ se slagspreuk. ‘Be the Change’ is wat ek graag by elke vrou wil tuisbring.

“Die tweede rede hoekom ek ingeskryf het, is die kompetisie se nou verbintenis met CANSA, wat my baie na aan die hart lê. Beide my ma en ouma is oorlede aan die siekte, en daar kan nie genoeg gedoen word as dit kom by kankernavorsing nie. En boonop bemagtig Mev SA vrouens, wat ‘n wonderlike geleentheid bied vir enige vrou om haar stempel op die gemeenskap af te druk!”

Lesers kan vir hul gunsteling finalis stem deur die finalis se naam te SMS na 35959. Met ander woorde, as Melissa een van jou gunstelinge is, SMS Melissa Muller na 35959.

As alternatief kan jy ‘n draai maak op Mev SA se Facebook-blad en dan Melissa se foto ‘like’.

Sou jy meer wou weet van Melissa se doen en late, besoek gerus haar persoonlike Facebook-blad of volg haar op Twitter – @melmuller1

Die Semi-Finalis Bal is 12 April by Emperors Palace. By die bal word die Top 22 Finaliste aangekondig. Die kroning van Mev SA vind in Augustus plaas.

Melissa bedank graag haar borge, sonder wie se ondersteuning dit nie vir haar moontlik sou wees om die ongelooflike reis mee te maak nie.

*Paul James Hairdressing (spesiale dankie vir Paul Fox en Candice)

*Diana by Verona Day Spa in Hougton

*Juanette van DeAnna Photography wat toor met die kamera

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button