Local newsNews

Emmanuel groep vier tiende verjaardag

Die Emmanuel groep het hul tiende verjaarsdag gevier saam met Pierre du Toit.

Die Emmanuel groep by ALS (Alberton LewenSentrum) het hul tiende verjaardag op 20 Maart gevier.

Pierre du Preez, sanger en kunstenaar, het hierdie heuglike oggend verder vir die lede kom inkleur. Hy het liedere uit die verre verlede gesing wat almal se hartsnare geroer het.

Die tafels het pragtig gelyk en dit was werlik ‘n vreugdevolle en vrolike oggend van feesvier.

Die Emmanuel groep van die Oosrand, wat gelei word deur pastoor Gys Vermeulen, was die gaste van die oggend.

Graag bedank die lede vir OK Grocer in Jacqueline Mall, wat elke jaar vir die Emmanuel groep die pragtige en heerlike koek skenk.

Emmanuel groep Alberton LewenSentrum is ‘n interkerklike groep. Indien u meer inligting verlang, skakel gerus vir Marelie Rabie by 011 864 1285 weeksdae van 09:00 tot 20:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button