VLU leer kuns en geskiedenis
Die dames van die VLU het die dag geniet en geleer om tokreen te maak.
Op 5 Maart het die dames van die Vroue Landbou Unie by die NG Kerk Brackenhurst vergader met bestuurslid Magriet Coetzee en gasvroue Grace Coetzee en Betsie Grobler.
Magriet Coetzee het vir die dames geleer hoe om tokreen te maak. Tokreen is enige sagte material wat hard gemaak word om kuns te ontwerp.
Magriet het kinderskoentjies, blomme, kruise, lap op asblikke en nog baie meer uitgestal.
Dit was werklik iets nuuts wat maklik met ‘n kunstige oog gedoen kan word.
Magriet het ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om met lap te werk en dit op kruise te versier.
Al die dames het ‘n wonderlike tyd geniet van die tee/koffie en heerlike eetgoedjies tot en met die werkswinkel.
Die volgende vergadering sal op 7 Mei plaasvind by die NG Kerk Brackenhurst om 09:00. Die vergadering sal handel oor kreatiewe en produktiewe vaardighede.



