Akteurs vind die pad na Albertonners se hart
Die akteurs het handtekeninge uitgedeel vir gretige aanhangers. Was jy daar?
DIE pad na jou hart akteurs, Donnalee Roberts en Ivan Botha, was by die Makro Alberton op 5 Julie, om die amptelike bekendstelling van hul rolprent te bevorder, en om hul aanhangers van die publiek te ontmoet.
Melissa van Heerden, Bemarkingsbestuurder Makro Alberton, verduidelik: “Hulle is hier om handtekeninge te gee. ‘n Deel van die fliek is in hierdie Makro geskiet en ons is ook een van die borge. Dit is ‘n groot Suid-Afrikaanse fliek in terme van ‘n goeie storielyn en die dinamiek van die landskap.”
Donnalee het gesê: “Ons het die wonderlike voorreg om verskeie Makros te besoek tydens ons bemarkingstoer.”
Volgens Rodney Munsamy, ‘n bestuurder van Makro, is die fliek die suksesvolste Afrikaanse rolprent wat vanjaar vrygestel is en het reeds R11,6 miljoen by die loket verdien. Dit was die eerste vrystelling van die DVD/Blu-Ray van die week.
gallery to follow.
.



