Local newsNewsSchools

Dinamika studente doen gemeenskapswerk

Dinamika leerlinge ploeg terug in hul gemeenskap. Mandeladag is deel van die Graad 10 Lewensoriëntering sillabe moet studente ’n gemeenskapsprojek aanpak.

ALBERTON – Van Dinamika se graad 10 leerders het die heining by die Alberton SAPS gaan verf.

Marlanka Prinsloo, die groepleier, het verduidelik dat hulle die SAPS gekies het, omdat min mense waardering gee aan die polisie vir wat hulle in ons gemeenskap doen. In die Lewensoriëntering sillabe word daar na hierdie projek as Ubuntu of Mandeladag verwys, en spoor dit tieners aan om terug te ploeg in hul gemeenskap.

Die groep glo dat as jy mense soos helde hanteer, sal hul soos helde optree.

Die lede van die groep het hul Saterdag opgegee om iets vir die gemeenskap te doen. Hulle het ook hulp ontvang van Hot Pot Paints, wat hulle ingelig het oor watter produkte om te gebruik en hoe om te werk te gaan.

Sgt. Nkuna, die polisiewoordvoerder, het gesê dat hul geëerd is dat die leerlinge hul waardeering vir die SAPS op dié manier wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button