Local newsNews

Ligstad hou prettige vakansie

Ligstad was gedurende die Oktober skoolvakansie oop en daar is baie moeite gedoen met ‘n gestruktureerde program vir die 34 kinders wat die vakansieprogram bygewoon het.

ALBERTON – Daar was oorgenoeg tyd vir vrye spel en ongestruktureerde pret, maar daar is daagliks twee groepsessies met die kinders gehou waartydens lewensvaardighede hanteer is en op ‘n praktiese en prettige manier toegepas is. Spesiale aandag is ook gegee om die kinders die geleentheid te bied om in spanne opgedeel te wees saam met kinders wat nie normaalweg saamspeel nie.

“Die doel daarmee was om ‘n groter groepskohesie te bewerkstellig en beter begrip te ontwikkel vir kinders wat anders as ek is en uit ‘n ander agtergrond as ek kom,” sê Alida Jooste, maatskaplike werker en projekbestuurder van Ligstad.

“So het een dogtertjie my spesiaal kom dankie sê omdat sy saam met ‘n spesifieke kind ingedeel was, want sy het nooit die goed van hom geweet wat sy gedurende die tydjie van hom geleer het nie.”

Die week is afgesluit met ‘n heerlike uitstappie na die munisipale swembad, waar daar baljaar is in die water en die kinders die laaste dag van die skoolvakansie kon geniet het.

Alida Jooste wil graag al die vrywilligers bedank vir hulle aandeel in die vakansieprogram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button