Local newsNews

Swemavontuur vir Ligstad se kinders

Ligstad se naskoolkinders wat die vakansieproram bygewoon het, het op 5 Desember gaan swem.

ALBERTON – Met motors vol opgewonde kinders het hulle by die toe hekke van Alberton se munisipale swembad gekom. Daar is van munisipale swembad na munisipale swembad gery in die Ekhuruleni munisipale area sonder sukses.

Van die kinders het begin bid dat Jesus vir hulle ‘n swembad gee toe een van die vrywilligers die eienaar van Stallenhof gebel het met die versoek of die kinders nie dalk daar kan gaan swem nie.

Stallenhof het hulle arms en harte oopgemaak vir die kinders en ‘n klompie gelukkige kinders het ‘n heerlike oggend geniet as gaste van Stallenhof.

Namens Ligstad se personeel, vrywilligers en kinders word Stallenhof hartlik bedank vir hulle gasvryheid en vir die feit dat hulle die dag gered het. Julle het ‘n glimlag op die gesigte van Ligstad se kinders gesit.

Trix Schutte, Ligstad Naskoolsentrum koördineerder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button