Local newsNews

Tot weersiens, Juffrou Nel

Laerskool Randhart en die familie en vriende van Mevrou Ria Nel verwerk nog die skok van haar skielike dood na 'n kort siekbed.

ALBERTON-Dit is met groot hartseer dat Laerskool Randhart van Mevrou Ria Nel afskeid neem na ‘n baie kort siekbed. Sy gaan baie gemis word deur haar kollegas, ouers die kinders en haar familie en vriende.

Mevrou Nel is sedert Januarie 1980 aan die skool verbonde, waar sy veral onthou sal word vir haar uitstekende werk in die Wiskunde Departement.

Sy was ook die afgelope 7½ jaar die Departementshoof Opvoedkundige Leiding, waar sy veral nou saamgewerk het met terapeute by ons skool. Hierdie hardwerkende en nederige mens se begrafnis was Maart 4 om 12:00 vanuit die NG Kerk Alberton-Suid.

Baie dankie vir ‘n ongelooflike loopbaan en die passie en toewyding aan ons kinders!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button