50 goue jare gevier
Tony en Isabel Müller het op 6 Februarie hulle 50ste huweliksherdenking gevier, en vir die paartjie was dit beslis een van die grootste mylpale van hul lewens.
ALBERTON – Die paartjie het op 10 Mei 1958 in die kerk ontmoet. Na sewe jaar se vlerksleep is hulle op 6 Februarie 1965 getroud met ongeveer 400 gaste op hul troue.
Twee dogters, Kerien en Amanda, en een seun, Anton is uit die huwelik gebore, en ouma en oupa se trots is hul drie kleinkinders, Anthony, Ashley en Byron.
Vriende en familie het die 50ste huweliksherdenking op Sondag, 8 Februarie saam met Tony en Isabel by die Promise Grill Restaurant gevier.
Isabel was soos gewoonlik uitgedos soos ‘n modepop, en Tony het soos ‘n pou gepronk en heel gepas seker gemaak dat hy die oorspronklike das wat hy op sy troudag gedra het, netjies om sy nek geknoop het.
Tony se ma, wie op 23 November 2014 haar 100ste verjaardag gevier het, ouma Martha Müller, was ook teenwoordig!
Hul kinders, Anton, Chantel en Amanda, wens hulle vele geseënde en gesonde jare toe.



