Marais Viljoen atlete wen groot
Marais Viljoen spog met 17 atlete wat ingesluit is in die D6-span wat aan die Gauteng Kampioenskappe gaan deelneem.
ALBERTON – Tydens die prysuitdelingsfunksie van D6 wat op 3 Maart plaasgevind het, is Armouré le Roux aangewys as die Beste Dogtersatleet en Hoërskool Marais Viljoen is algeheel aangewys as die Beste Atletiekskool.
Voor: Armouré le Roux, Sunél Oliver, Carla Hattingh, Danielle Leonard, Michaela Murat en Zanelle Blignaut.
Agter: James Majenge, Gawie Louw, Ethan Geldenhuis, Mathilda van den Bergh, Nicole van der Merwe, Charlize Kotze en Zeané Woest. Afwesig: Makgotso Nhlapo, Chandré Smook en Zander Coetzer, LIzo Sibeko.



