Dankie Laerskool Randhart
Die CMR Alberton het hierdie jaar weer ‘n wonderlike skenking van Laerskool Randhart van meer as 2 000 paaseiers ontvang.

ALBERTON – Die eiers is by twee skole se voedingskemas in Thokoza en Edenpark uitgedeel. Met die begin van ons nuwe dagsorgsentrum het ons ook vir die kinders by die sentrum uitgedeel. Die kinders by die dagsorgsentrum in Alberton was aangenaam verras toe ons daar aankom met bokse vol paaseiers.
Vir hulle was dit ‘n gewone dag van werk en inkleur totdat die ‘paashaas’ hulle kom besoek het. Skenkings is wat ons aan die gang hou, en ons is absoluut afhanklik van skenkings en donasies van die publiek.
Nogmaals dankie aan Laerskool Randhart.
Ankia, namens CMR Alberton, 011 907 2922



