Local newsNews

Besonderhede van Mev Nettie Venter se roudiens

Mev. Nettie Venter, oud-onderwyseres van Laerskool Generaal Alberts op Alberton en jarelange inwoner van Alberton, is Donderdag 2 April in die ouderdom van 98 jaar oorlede.

ALBERTON – Die teraardebestelling vind plaas op Saterdag 11 April om 10:00 by die ou begraafplaas in Georgestraat, Florentia, Alberton.

Die troosdiens word om 12:00 by die Gereformeerde Kerk Randburg te Derdeweg, Northwold, Randburg gehou.

Tant Nettie word oorleef deur drie getroude dogters, 11 kleinkinders en 19 agterkleinkinders. Tant Nettie het die afgelope 12 jaar by hulle oudste skoonseun en dogter, Etienne en Marina van Loggerenberg, in Randburg gewoon, en die laaste twee jaar in die Versorgingsentrum van Golden Harvest 2 in Randburg.

Vir Nettie Venter was skoolhou ’n roeping. Dit het haar ’n sin van eiewaarde gegee dat sy kon diens lewer deur kinders te leer. Haar toewyding aan die skool en die kinders het tot aan die einde van haar loopbaan nooit afgeneem nie.

Sy was ’n dinamiese en sterk mens wat ’n wye belangstelling gehad het. Die tuin was altyd mooi. Sy was ’n getroue lid van die Vroue Landbou-Unie waarvan sy dikwels voorsitter was.

Daarvoor het sy altyd die lekkerste konfyt gekook – ligte deurskynende sitruskonfyte was haar groot spesialiteit. Sy was egter ook altyd op Bronkhorstspruit en op Alberton betrokke by die sustersorganisasie van die kerk.

Ons sal haar onthou as iemand wat altyd goed versorg was, wat nooit moeg en moedeloos was nie, wat altyd positief was en mense geïnspireer het.

Ons eer haar nagedagtenis.

Marina en Etienne van Loggerenberg, Dries en Heilna du Plooy, en Danie en Venita de Kock

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button