Kry jou Tekkie Tax plakker by Meals on Wheels
Dit is weer die tyd van die jaar waneer jy jou hoë hakke, skoolskoene of stewels kan ruil vir ‘n gemaklike paar tekkies - en dit alles vir ‘n goeie doel.

ALBERTON – Vrydag, 29 Mei, is Tekkie Tax Dag. Al wat jy hoef te doen om by hierdie initiatief betrokke te raak is om jou R10 plakker te koop en jou tekkies te dra – so maklik soos dit.
Jou R10 donasie ondersteun diere, familie dienste (onder meer Meals on Wheels), kinders, gestremdes en onderwys.
Op Tekkie Tax Dag dra jy jou groot plakker op jou T-hemp, ontwerperspak of wat ookal jy gaan dra op Vrydag, 29 Mei. Dit maak nie saak wat jou uitrusting vir die dag mag wees, solank jy net nie van jou tekkies vergeet nie.
Die projek word ondersteun deur vyf van Suid-Afrika se bekendste gesigte. Afrikaanse ”rapper” Jack Parow is die diere ambassadeur, Master Chef ster Sade Giliberti die basiese familie-dienste ambassadeur, Sorina Erasmus (die Flooze) die kinder ambassadeur, geliefde Expresso aanbieder Katlego Maboe die ambassadeur vir gestremdes, en die koninging van dans, Tebogo Kgobokoe, die onderwys ambassadeur.
Skole kan ook betrokke raak. Vir elke plakker wat die skool aan sy leerlinge verkoop, kry die skool R1 terug as ‘n donasie. Jy kan die plakkers en “tekkie tags”, T-hempde, en gholfhempde bestel (kontant by bestelling) van die Alberton Dienssentrum vir Bejaardes (Meals on Wheels). Vir meer inligting kontak Marie Kruger, 084 209 0678 direk.





