Local newsNews

‘n Plakker met ‘n doel

Tekkie Tax Dag het Vrydag, 29 Mei, plaasgevind en heelwat skole en besighede in Alberton het die initiatief ondersteun.

ALBERTON – Hoërskool Dinamika het R8 020 ingesamel, en dit ‘n dag vol opwinding vir leerders gemaak.

Kontantpryse was geborg vir die dogter- en seunsleerder, so wel as die onderwyser met die ”funkieste” tekkies.

Die leerder wat die meeste plakkers verkoop het, en die klas wat die meeste plakkers verkoop het, ook elk ‘n kontant prys gewen.

Graad nege C, Thelma Schutte se klas, het die prys gewen vir die meeste plakkers verkoop. Die klas was op ‘n missie, en wou seker maak hulle wen. Die rede hiervoor was omdat een van hulle klasmaats chemo ontvang. Hulle het as ‘n klas saam besluit dat hulle hierdie prys aan haar sal oorhandig, om haar so te ondersteun.

Die geld wat Dinamika ingesamel het gaan na die Rainbows For All Children organisasie.

Alida’s Hair and Beauty Studio het ook die Rainbows For All Children organisasie ondersteun. Hulle het 150 tekkie tags verkoop. Tekkie Tags is skoenveters wat teen R30 ‘n paar verkoop is. Dié fondse het ook na nie-winsgewende organisasies gegaan.

Ailda Potgieter het vertel dat hulle baie dankbaar is aan hulle kliente wat die dag vir hulle ‘n sukses gemaak het.

Vele ander besighede en skole het deelgeneem, plakkers verkoop, pryse weggegee en tekkie tags gekoop.

Curves, Walkerville Meat, Hoërskool Marais Viljoen, Klopper en Jonker Prokereurs, Laerskool Randhart en Meals on Wheels het ook ruim skenkings gemaak en fondse ingesamel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button