Brandpunt Kameraklub
Brandpunt Kameraklub bied volgende Maandag vir ‘n natuurlewefees aan by die NG Kerk, 23 Glen Rylaan, Verwoerdpark.
ALBERTON – Brandpunt Kameraklub bied volgende Maandag Julie 27 om 18:30 vir 19:00 ‘n natuurlewefees aan by die NG Kerk, 23 Glen Rylaan, Verwoerdpark. ‘n Baie bekende natuurlewe fotograaf kom die aand sy kennis met ons deel en sal ook die beoordeling van ons natuurlewe foto’s waarneem. Alle aspirant-, amateur- en professionele fotograwe word uitgenooi om saam met ons te kom kuier. Bywoning is gratis. Vir meer inligting kontak ons by brandpuntkk@gmail.com



