Local NewsLocal newsNews

Alberton sport sal rugby se Stein altyd onthou

Leon Steinhobel het diep spore in die sportwêreld getrap

ALBERTON — Leon Steinhobel oftewel Stein se nagedagtenis sal voortleef in die harte van Alberton se sportgemeenskap insluitend die rugby- en krieketklubs en boks-organisasies.

Hy het diep spore in die sportwêreld getrap en was lid van die o.20 Alberton span wat as wenners uit die 1972 o.20 Pirates Grootuitdaagbekerliga getree het.

Stein se ongelooflike versameling sport memorabilia met foto’s van hom saam met sportgrotes soos Graeme Pollock en Frik du Preez, is sy nalatenskap en het beklemtoon in welke hoë sportkringe hy beweeg het.

Tydens Stein se begrafnis vanuit die Alberton LewenSentrum is die laaste eer aan hom betoon deur Kevin de Klerk, Dave Fredericksen en verskeie provinsiale sportuitblinkers.

Totsiens Stein en dankie vir die lewenslange herinneringe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button