Musiek maestro kuier by damesklub
Die Alberton Damesklub is vemaak deur Dr Paul Potgieter met sy pragtige musiek by hul oggendfunksie in September.
Alberton Damesklub is vermaak deur Dr Paul Potgieter en Dr Trix van der Walt, die klub se voorsitster, tydens hul September oggendfunksie by die Alberton Aftree-Oord. Paul het vrolike Afrikaanse en Kaapse liedjies op die trekklavier gespeel en ’n pragtige uitvoering van klassieke en romantiese musiek op die dwars- en panfluit gelewer.
Die damesklub kom by die Alberton Aftree-Oord bymekaar op die tweede Donderdag van elke maand. Vir meer inligting skakel Dini Jansen by 082 552 4683.



