Local newsNews

‘n Rooskleurige demonstrasie

Annatjie Niemandt het op 21 Oktober ’n praktiese en insiggewende demonstrasie vir die dames van die Bracken Blommeklub gelewer.

ALBERTON- Bracken Blommeklub het Woensdag, 21 Oktober, bymekaar gekom vir ’n demonstrasie oor hoe om hul eie rose te kweek.

’n Lid van die Blommeklub, Annatjie Niemandt, het dié rooskleurige demonstrasie behartig en verduidelik dat die stammetjie wat gebruik word nie dunner as ’n mens se pinkie moet wees nie en vier ogies lank moet wees.

“Maak die stiggie nat en doop die punt in ’n hormoonpoeier, Seradix nommer twee. Plant dit in growwe riviersand vir ses weke in ’n bak met gate. Die ogies moet boontoe wys anders sal die stiggie nie groei nie. Maak die stiggies elke oggend nat en plant dan in potgrond in ’n plastieksak met gate tot die boompie mooi groot is voor jy dit uitplant,” het Annatjie gesê.

Vir meer kiekies van die demonstrasie besoek www.albertonrecord.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button