Local newsNews

Verster paartjie vier 69 jaar saam

Op 8 Februarie vier twee van Alberton se inwoners hul 69ste huweliksherdenking.

OP 8 Februarie vier twee van Alberton se inwoners hul 69ste huweliksherdenking.

Johannes Marthinus Verster (89) oftewel oom Piet is in 1926 in Despatch, Pretoria gebore en was al op 16-jarige ouderdom reeds in die weermag, waar hy na verskeie lande ontplooi is. “Ek het haar (Johanna Helena of tannie Meitjie) in Doornfontein ontmoet toe sy 12 was, ek was reeds in die leër,” sê oom Piet. “Ons het nie regtig veel van mekaar gehou op daai stadium nie,” voeg tannie Meitjie (86) by.

Hulle vertel dat hulle mekaar vir ’n hele paar jaar glad nie gesien het nie, totdat tannie Meitjie vir oom Piet se suster by die treinstasie raakgeloop het. “Van daar af het ons herontmoet en verlief geraak,” vertel tannie Meitjie met blye herinnering.

Die paartjie woon reeds vir baie jare in Alberton, en heelwat ander familielede het ook al diep spore getrap in ons gemeenskap. Tannie Meitjie het vir prokureurs gewerk en oom Piet het ’n besigheid gehad by die naam van “Piet Skiet”, wat met behulp van plofstof, die koppies en groot stene laat oop skiet het vir die bou van paaie en sulks.

“Baie van hierdie paaie waarop ons almal ry is deur my skoongeblaas om plek te maak daarvoor,” sê hy met trots.

Oom Piet en tannie Meitjie met hul nageslagte maak vyf generasies, insluitend sewe kinders, 16 kleinkinders, 15 agterkleinkinders, en 1 agter-agterkleinkind.

ALSO READ:

Diamond anniversary

Alberton – 110 years of magic

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button