Local newsNews

Vriendinne deur alles

Twee vriendinne van Dinamika doen goed na skool.

TWEE Höerskool Dinamika leerlinge wat in 2010 gematrikuleer het, het verlede jaar hulle skool en families trots gemaak. Luzaan de Kock (23) en Shene Breytenbach (23) het in dieselfde jaar gematrikuleer aan Dinamika en in 2015 het Luzanne gekwalifiseer as ’n mediese dokter en Shene as ’n tandarts. Luzaan het gestudeer aan die Universiteit van die Vrystaat en Shene het haar graad gekry aan die Universiteit van Pretoria.

Tans voltooi Luzaan haar internskap by ’n hospitaal in Bloemfontein en Shene doen haar internskap by ’n kliniek in Springs. Die twee vriendinne het altyd kontak deur hulle studies behou en hulle sien uit na die toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button