Local newsNews

Vervoer vir Alberton-Noord seniors

DIT het onder Ligstad se aandag gekom dat daar verskeie senior inwoners van Alberton-Noord is vir wie dit moeilik is om maandeliks hulle besigheid te gaan doen en die nodige voorraad aan te gaan koop. Baie seniors het nie vervoer nie of kan nie meer hulle eie voertuie bestuur nie en is afhanklik van kinders, …

DIT het onder Ligstad se aandag gekom dat daar verskeie senior inwoners van Alberton-Noord is vir wie dit moeilik is om maandeliks hulle besigheid te gaan doen en die nodige voorraad aan te gaan koop.

Baie seniors het nie vervoer nie of kan nie meer hulle eie voertuie bestuur nie en is afhanklik van kinders, kleinkinders en vriende vir hulp en ondersteuning met hierdie noodsaaklike take. Wanneer ’n senior gemeenskapslid dan nie die luuksheid het van kinders, kleinkinders of familie wat naby genoeg is om hiermee te help nie, bemoeilik dit hul lewe baie en moet hulle gedurig uitkyk en vir bure vra om te help met die nodige ondersteuning.

Ligstad is in ’n posisie om een maal per maand, soggens, die senior gemeenskapslede wat in Alberton-Noord woon en wie dit moeilik vind om in die besigheidsentra te kom, met hulle Crafter bussie op te laai by sentrale punte in Alberton-Noord en na sentrale punte in die besigheidsentrum te neem vanwaar hulle dan later weer opgelaai sal word na die punte waar hulle oorspronklik deur die bus opgelaai is.

Die gedagte is om op die eerste Woensdagoggend van elke maand hierdie diens te lewer. Belangstellende senior gemeenskapslede van Alberton-Noord is welkom om Alida Jooste te skakel by 079 693 3666 ten einde meer inligting te bekom en die nodige reëlings met haar te tref.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button