DIE volgende Haal Vry Asem Rookstaakplan begin op Donderdag, 18 Februarie, om 19:00 in die Kainos Kerksaal, 55 Vyfdelaan in Alberton-Noord.
Die Haal Vry Asem Rookstaakplan is ’n reeks van sewe byeenkomste wat elk een en ’n halfuur duur. Die program help betrokkenes om hul rookgewoonte op al die dimensies van hul lewe te verbreek.
Die aanbieding gaan gepaard met lesings, DVD vertonings, groepterapie en sluit ’n handleiding en ander hulpmiddels in.
Die programleier, Kobus Beukes, het reeds talle mense in verskillende dorpe en stede suksesvol deur die program begelei. Vir meer inligting of besprekings skakel Kobus by 083 280 5041, Armand by 083 576 7111 of Charmaine by 072 790 6828.
Lees ook:



