DIE NG Kerk in Alberton vier vanjaar hulle 100ste verjaarsdag deur ’n feesbundel uit te gee.
Mense kan help deur foto’s, verhale, gebeurtenisse, bedienings in die gemeente, gelukwense, hoogtepunte of selfs ander geskiedenis met die lidmate te deel. Volgens ds. Deon Louw is dit hulle voorreg om die bundel te skryf . “Al die gemeentes het uit die Ligstad (moedergemeente) bestaan en daarom is ons so opgewonde hieroor,” het hy gesê.
Alle skryfwerk moet voor of op 31 Maart by die kerkkantoor in Forestraat 11 ingedien word of na deon702@yahoo.com gestuur word. Die gemeenskap word aangemoedig om hulle herinneringe met die kerk te deel.



