Community AnnouncementsNews

A-span bak en brou

Onthou om bestellings te plaas.

DIE “A-Span” van die Alberton Aftree-Oord by Kritzingerweg 45 in Florentia, bak alweer en inwoners word genooi om hulle gebak te probeer.

Die span bak elke tweede Maandag. Bakdae vir die volgende twee maande is op 4 en 18 April, 9 Mei, en 29 Mei.

Volgens publieke kommentaar is die oord se pannekoek steeds die gewildste in die dorp. “Ons sê ook baie dankie vir almal se getroue ondersteuning,” het Rienie Strydom gesê.

Bestellings vir pannekoeke, jaffels, kerrie-en-rys en vetkoeke kan telefonies geplaas word op Donderdae voor ’n bakdag. Plaas bestellings by Cathy of Renie by 011 907 8641, Lynette by 079 523 5437, Joan by 071 873 3763 of per faks na 086 618 9955.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button