CrimeNews

Dogter se lyk gevind

Beplande vakansie het nie gebeur nie.

‘N ALBERTON ma se dogter, Charleen Stec (37), se lyk is op Sondag 13 Maart in ’n hotelkamer in Port Elizabeth gevind.

Sy was die vrou van pastoor Sophocles Nissiotis (76), die hoof van die Noupoort Rehabilitasiesentrum in die Karoo. Hulle is in Januarie getroud.

Volgens berigte was Charleen self vroeër vir behandeling in Noupoort opgeneem.

Sover die REKORD kon vasstel, sou Charleen en haar ma saam vakansie gaan hou het. Hulle sou mekaar by die Road Lodge-hotel naby die lug­hawe in Port Elizabeth ontmoet het. Na wat verneem word het Charleen se ma, Sondag toe sy by die bestemming aangekom het, gehoor haar dogter se lyk is vroeër die oggend gevind.

Die familie wag op die lykskouingsverslag en Charleen se dood word nog ondersoek.

Haar man het ook op 13 Maart ’n boodskap op Facebook vir haar geskryf sowel as ’n video waar sy sing opgelaai.

Charlene laat ook haar pa, haar dogter,’n broer en suster, agter.

’n Roudiens vir haar word op 29 Maart in Alberton gehou.

*Die REKORD sal verdere inligting publiseer soos dit bekend word en het probeer kontak maak met die familie.

Jy mag dalk ook belangstel in:

https://albertonrecord.co.za/100743/pensioner-robbed-in-broad-daylight/

https://albertonrecord.co.za/100741/twenty-suspects-arrested/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button