NewsSchools

Vet pret by Kommando

Die kommandos vergader weekliks op Maandae by Laerskool Orion.

DIE Suiderlig Voortrekkers Kommando het vanjaar weer met ’n vrugtefees afgeskop en ook alle ou en nuwe maats verwelkom.

Dit is opgevolg met ’n 18-uur kamp wat by Laerskool Orion gehou is. Terwyl die verskillende spanne aan hul spesialisasiekentekens gewerk het, het 14 ouers die Intreekursus vir volwassenes bygewoon. Hierdie kursus word gewoonlik aan ingeskrewe volwasse lede gebied, maar hierdie jaar het die ouers gevoel hulle wil dit ook bywoon. Daar is lekker oopkop gesels en besin oor ons land se toekoms en die rol wat ’n positiewe jeug kan speel om werkbare opsies te vind.

Die res van die kwartaal is bestee aan spanaktiwiteite, ’n Paasdiens en ’n gesprek oor menseregte.

Volwasse- en jeuglede het ook gedurende die eerste week van die skoolvakansie twee veldwerkkampe (Hoëveld en Rush Keeti) en een waterwerkkamp saam met honderde ander Voortrekkers bygewoon. Die volwasse lede van die kommandos was in alle gevalle kursusleiers in hulle spesialiteitsveld.

Die kommandos vergader weekliks op Maandae by Laerskool Orion. Navrae kan gerig word aan Gerhard Gericke by 083 270 1630 of Michelle Viljoen by 083 632 3995.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button