HEMELVAARTSDAG wat op 5 Mei was, is vanjaar saam deur Hoërskool Alberton en Laerskool President Steyn gevier.
Hemelvaartsdag word jaarliks deur Christene gevier ter herdenking aan Christus wat na die kruisiging en opstanding na die hemel opgestyg het. Hoewel dit in Suid-Afrika nie meer ’n vakansiedag is nie, is dit wel vir baie ander lande,
In lande soos België, Colombië, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Groenland, Haïti, Ysland, Indonesië, Liechtenstein, Luxemburg, Madagaskar, Namibië, Nederland, Noorweë, Oostenryk en Switserland, is Hemelvaartsdag ’n vakansiedag. Daarom word die Vrydag daarna ook “Vaak Vry” genoem. Baie Christene regoor die wêreld besoek op dié dag kerke.
In ander lande gaan mense op die Sondag ná Hemelvaart, kerk toe.
Volgens Hoërskool Alberton se adjunkhoof, Eline Jordaan, was dit so lekker om te sien hoe jongmense byeenkom om die spesiale geleentheid te vier. Allie-leerlinge het na Laerskool President Steyn geloop en saam op die rugbyveld ’n gesamentlike kerkdiens gehad.




