Familie neem afskeid van Les
Sy begrafnis word op Vrydag 13 Mei om 12:00 by Calvary Sanctuary op die hoek van Hendrik Potgieterstraat en Vyfdelaan gehou.
LES Cloete (70), een van die groot Christelike krygers in Alberton en Suid-Afrika, is op Maandag 9 Mei oorlede.
Les is in Pretoria gebore en het in 1967 na Alberton verhuis waar hy vir 23 jaar vir die Alberton Stadsraad gewerk het tot sy aftrede in 1998 waartydens hy assistant stadsekretaris was.
Na sy aftrede het hy voltyds in diens van God die evangelie verkondig en was ook een van die groot “prayer warriors” vir Alberton. Les was welbekend vir sy shofar (ramshoring) wat hy orals saamgedra het en dit as magtige gereedskap gebruik het in die Christelike oorlogvoering. Daarop het hy ook shofars gemaak wat regoor Suid-Afrika gevind kan word.
Volgens sy familielede was hy net een van daardie mense wat met enige iemand gepraat het oor Christus, van die persoon op die straathoek tot die boemelaar, hy het nooit geoordeel of neergekyk op enigiemand nie.
Vir sy familie was hy ’n wonderlike pa wat in alle opsigte voorsien het. Ons gaan hom verskriklik mis. Hy laat sy vrou Hannetjie, drie seuns en vier kleinkinders agter.
Sy begrafnis word op Vrydag 13 Mei om 12:00 by Calvary Sanctuary op die hoek van Hendrik Potgieterstraat en Vyfdelaan gehou.



