Local NewsNews

Aftree-oord hou fondsinsameling

Vir meer inligting, skakel Renie Strydom by die kantoor op 011 907 8641.

DIE ALBERTON Aftree-Oordkomitee bied ’n potjiekos-middagete op Saterdag 4 Junie aan.

Kostes beloop R40 per bord. Mense kan ook die koek- en poedingtafel besoek vir lekkernye. Uitstaltafels is ook beskikbaar.

Daar is net ’n beperkte aantal potjiekosetes beskikbaar. Om teleurstelling te voorkom plaas bestellings vooraf. ’n Pretloop gaan ook by die oord plaasvind tydens die dag. Inskrywingsfooie vir die pretloop is R10 per persoon.

Die oord nooi mense om die dag te ondersteun en sodoende te help om van hierdie fondsinsamelingsprojek van die oord ’n sukses te maak.

Vir meer inligting, skakel Renie Strydom by die kantoor op 011 907 8641.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button