Oud-Varing leerders hou reünie
Vir meer inligting oor die reünie van die jaar, skakel Richelle by 083 652 0172.
HOËRSKOOL Die Varing (vandag bekend as Hoërskool Dinamika) se oud-leerlinge van die jare 1983 tot 1993 word uitgenooi om vanjaar saam te kom reünie hou.
Hierdie reünie gaan op 4 Junie by die Rivonia Barnyard Teater plaasvind. Die geselligheid begin om 15:00, die skyfievertoning om 18:00 en die 90’s Mania vertoning begin om 19:00. Dit kos R220 per persoon en sluit ’n admin fooi in.
Vir meer inligting oor die reünie skakel Richelle by 083 652 0172.



