Local NewsNews

Mei se beste kiekies

Brandpunt Kameraklub het onlangs hul uitslae vir die klub se Mei-kompetisie, bekendgestel.

BRANDPUNT Kameraklub het onlangs hul uitslae vir die klub se Mei-kompetisie, bekendgestel.

“Ons tema vir Meimaand was Abstrak en was ’n reuse uitdaging vir sommige van ons, maar almal het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Baie geluk aan Peter Thomas en Amanda Gerber met jul welverdiende wen,” het sekretaresse van die klub, Theona Hilder gesê.

Peter Thomas se “Abstrakte wedren” het die senior kategorie gewen terwyl Amanda Gerber koning gekraai het in die junior afdeling met haar foto “Is dit ’n Kosmos”.

Die klub se volgende vergadering is op Maandag 20 Junie. Vir meer inligting oor hoe om aan te sluit, en waar hul geleë is, stuur ’n e-pos na brandpuntkk@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button