NewsSchools

Oortuigende wen vir Allies

Alberton het na die strafskop dadelik hul stempel begin afdruk in die wedstryd.

HOËRSKOOL Alberton en Hoërskool Riebeeckrand het kragte gemeet in die Goue Leeus Groot Skoleliga op Woensdagaand 18 Mei, op A-Square Forklift Alberton se velde.

Vroeg in die wedstryd het Alberton ’n strafskop afgestaan vlak voor die pale en Riebeeckrand het die kans aangegryp en die strafskop deur die pale gejaag om die besoekers vroeg die voortou te laat neem. Alberton het na die strafskop dadelik hul stempel begin afdruk in die wedstryd en die oorhand in die skrums en lynstane gekry wat gelei het na twee prag drieë, die eerste deur die vleuel Jonothan Potgieter en die ander deur flank Tyron Loots wat albei deur skopper en skrumskakel, Francois Myburgh verdoel is.

Ondanks Riebeeckrand se min balbesit, het hulle goed gespeel en ’n strafskop afgedwing. Myburgh het egter ook met ’n strafskop geslaag om sy span se harde werk te beloon.

Die rustyd telling was 17-6 in die Allies se guns en was beslis ’n regverdige refleksie van die algehele loop van die wedstryd. In die tweede helfte het Alberton aangehou om druk op Riebeeckrand te plaas in die vaste skrums.

Alberton se losskakel Gerald Job het seker gemaak dat sy span in die opposisie se helfte boer en Loots het vir Alberton se derde drie agter die pale gaan kuier.

Alberton het in die tweede helfte baie geleenthede geskep deur goeie hardlooprugby te speel met hul agterlyn en die heelagter Caltino Jones wat die verdedigingslyn van Riebeeckrand telke male gebreek het, maar kon net nie heeltemal afrond nie.

Allies het hard bly werk en is sewe minute voor die einde beloon met ’n vierde drie, aangeteken deur die losskakel Gerald Job, ook verdoel deur Myburgh.

Algeheel het Alberton die wedstryd gedomineer met hul voorspelers wat ’n goeie platvorm gelê het vir hul agterlyn en vier drieë is wel gedruk, maar Alberton sal moet werk insit om beter af te rond.

Die eindtelling het op 29-6 te staan gekom, vir ’n oortuigende oorwinning deur Alberton.

Spelers wat uitgeblink het was stut John-Lloyd Dadswell, Loots, Jones, buitesenter Branden van den Berg en hul kaptein en agsteman Lunga Molele.

*Saamgestel deur Louis Nel (geredigeer) en foto verskaf deur Wayne Raath.

U mag ook belangstel in:

*albertonrecord.co.za/77057/skolerugby-oorsig-4/;

*albertonrecord.co.za/65471/skolerugby-skop-tuis-af/

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button