CrimeNews

Metropolisie trek boewe vas

Verdagtes ruil nommerplate in die openbaar om.

’N WERKER wat op ’n dak besig was in Pieter Uyslaan het Maandagmiddag, 30 Mei, aan die oorkant van die pad gesien hoe mans nommerplate van ’n wit Mercedes en ’n wit GTI Golf omgeruil het.

Hy het dit dadelik op ’n veiligheidsgroep geplaas en reaksie gekry. EMPD, SA Search and Rescue en die polisie het die GTI in Dinwiddie vasgetrek en 40 sakke dagga en narkotika, en nog nommerplate gekry asook twee mans gearresteer. Inspekteurs van die Suid-Afrikaanse Soek-en-Reddingsorganisasie, Lourens Smit en Cornelia Rudman, het die Mercedes probeer volg, maar toe die bestuurder sien dat hy agtervolg word, het hy voet in die hoek gesit. “Ons het die EMPD laat weet, want nie een van ons twee was gewapen nie,” het Lourens gesê.

Hulle het die Mercedes in Potgieterstraat in Alrode verloor. EMPD soek steeds na die Mercedes en die bestuurder. Die model van die Mercedes is onbekend.

Meer inligting sal volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button