NewsSchools

Ranties maak skool trots

Laerskool Randhart spog met leerders wat puik presteer in die areas van rugby en Bybelvasvra.

LAERSKOOL Randhart spog met leerders wat puik presteer in die areas van rugby en Bybelvasvra.

Die skool het uitstekend gevaar in die eerste rondte van die jaarlikse Rapportryer Bybelvasvra, met die A-span wat eerste uit 25 spanne in Gauteng, en nasionale naaswenners is. Hierdie bobaas span het in die finaal tweede uit 93 spanne geëindig. Die B-span het ook in die top 10 van albei afdelings geëindig. Daar word nou hard gewerk om voor te berei vir die volgende rondte wat in Augustus plaasvind en die skool hoop om te kwalifiseer vir die finale rondte in Oktober.

Die skool kan boonop nog baie trots wees op twee seuns wat vanjaar gekies is vir die Goue Leeus. CJ Ndlele (o.12A) het van 23 tot 25 Junie aan die nasionale toernooi in Vryheid deelgeneem, en

Henré van Zyl is gekies vir die o.13 Cravenweekspan wat aan die Cravenweek gaan deelneem in die Paarl van 3 tot 8 Julie.

U mag ook belangstel in:

*Nuwe Personeel vir Laerskool Randhart ;

*albertonrecord.co.za/26453/laerskool-randhart-se-atletiek-die-beste/;

*albertonrecord.co.za/56028/laerskool-randhart-kenmekaar/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button