Polisie bedank Geoff
Geoff Steyn herstel meeste van die Brackendowns Polisie se voertuie.
BRACKENDOWNS polisie het op Donderdag 30 Junie die voorsitter van die Brackendowns Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en bestuurder van Fix Ur Ride, Geoff Steyn, bedank vir al sy onbaatsugtige werk.
Geoff herstel polisie voertuie teen ’n billike prys en sodoende sorg hy dat daar werkende voertuie is vir dié wat ’n gemeenskapsdiens lewer.
As 30-jaar-lange inwoner van Brackendowns is dit vir hom belangrik om in ’n veilige omgewing te bly. “Ons en die lede van die polise stap saam ’n paadjie om misdaad te bekamp,” het hy gesê.
Hy het ook verder gesê dat vrywilligers welkom is om ’n bydrae aan die GPF te maak. “Alle geld wat ingesamel word gaan vir instandhouding en aan ander dinge om die GPF se diens te verbeter.”
Mense kan geld by ABSA tjekrekening, nommer 40-7224-1094 inbetaal en Brackendowns GPF as verwysing gebruik.
Vir meer inligting, skakel Geoff by 083 411 1144.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za



