Local sportNewsSchoolsSport

Alberton atleet skop en slaan sy pad boontoe

Jaco Louw, 'n jong man van Alberton, het onlangs dubbel-goud verower by die "Third African Championships" vir Tae kwon do.

JACO Louw, ‘n jong man van Alberton, het onlangs dubbel-goud verower, by die ”Third African Championships” vir Tae kwon do.

Hierdie 11-jarige breker, wat by die Leeuwenhof Akademie skoolgaan, het by die kampioenskappe, wat op Saterdag, 25 Junie, plaasgevind het, twee goue medaljes verower, een vir ”patterns” en een vir ”sparring” in die onder 45kg kategorie.

Die jongeling is op 24 Desember, 2004, gebore, en het in sy kort leeftyd al baie bereik, naamlik as die jongste swartbelt ooit op Suid-Afrikaanse vlak op die ouderdom van agt, en toe internasionaal as 10-jarige.

Jaco het al begin met die sport toe hy net vyf was, en dit is duidelik dat hy nog baie vêr gaan kom in die sportwêreld.

Rugby en landloop is twee ander sportsoorte waaraan die jong man graag deelneem.

“Ek hou baie van rugby, ek dink dit is my gunstelling sport en ek speel op vleuel”, sê hy.

“Ek is ‘n groot Goue Leeus ondersteuner, en my gunstelling speler is Faf de Klerk.”

Ons gaan ons oë moet oophou vir hierdie talentvolle seun, want hy gaan sekerlik vir die sportwêreld nog ore aansit.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button