Laerskool President Steyn
Laerskool President Steyn klop Laerskool Randhart met 15 lopies.
VERWOERDPARK: Die Steyne het ‘n goeie krieketjaar gehad en het al hulle wedstryde gewen.
Hulle het ook vir Laerskool Oosterkruin in die SOR Semi-finale met sewe paaltjies geklop. In die SOR-finaal speel hulle teen die huidige Super 12 wenners, Laerskool Randhart en klop hulle met 15 lopies.
Heinrigh Pieterse teken ‘n briljante 112 lopies in die finaal aan. Hy teken in die liga dan ook ‘n onoorwonne 116 aan en spog met ‘n kolfgemiddeld van 181 lopies per beurt.
Sy beste boulsyfers was dan ook teen Leeuwenhof Akademie met vyf paaltjies in vyf beurte vir vyf lopies.
Altan Bouw was die voorste paaltjievraat en neem 22 paaltjies deur die seisoen. Hy vat in drie wedstryde vyf paaltjies en meer. Vier seuns word in die SOR o.11 A span opgeneem: Heinrigh Pieterse, Luke Underhay, Michael Jonker en Marcel Roos.
Altan Bouw word in die o.11 B span opgeneem.



