NewsSchools

Marais Viljoen trap Alberton

Marais Viljoen wen sover al hulle wedstryde.

HOËRSKOOL Marais Viljoen het omtrent gewys wie is die skool van rugby tydens die Universiteit van Johannesburg (UJ) Coke Rugbyreeks.

Die Coke-reeks is ’n plaaslike Noordvaal toernooi wat deur UJ georganiseer word en skop af na afloop van die gewone skool rugbyseisoen.

Agt skole speel in twee poele van vier in dié reeks en daar is ook ’n semifinaal en finaal. Die reeks is ’n o.17 reeks ter voorbereiding vir die 2017 seisoen.

Hoërskool Marais Viljoen se o.17 rugbyspan se laaste wedstryd was teen Hoërskool Alberton op Dinsdag, 30 Augustus, en Marais Viljoen het 40-5 geseëvier.

Driedrukkers van die wedstryd was Brendon Marchbank, Franco du Plessis, Theunis Muller, Heinrich Jacobs en Luke Jonker. Brendon het ook vir vyf goeie doelskoppe gesorg. Marais Viljoen se seuns het werklik tot dusver hul staal gewys as een van die gunstelinge om die reeks te verower.

“Dit was vir ’n slag lekker dat Marais Viljoen en Hoërskool Alberton mekaar kon pak in ’n stryd. Marais Viljoen het van die begin af gedomineer op die aanval en verdediging,” het Ryno Luus, die sportdirekteur van dié skool gesê.

Hulle het ook Monument met 21-2 geklop, Linden met 25-15 en Hoërskool Middelburg met 58-0 gewen.

Die skool bedank al die ondersteuning en borgskappe van die gemeenskap en die skool se ouers.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button