NewsSchools

Prettige kleur-oorlog samel fondse in

Hoërskool Dinamika het onlangs ’n kleurfees en sterkmankompetisie by die skool gehou.

DIT was een kleurvolle gedoente toe Namies se seuns en meisies so bietjie kleur-oorlog op die rugbyveld gehou het.

Op Vrydag, 2 September, om 13:30, het Dinamika ’n kleurfees en daarna die sterkman vertoning en kompetisie gehou om fondse in te samel vir die o.16-rugbyspan se toer volgende jaar Hermanus toe.

Die span het hierdie jaar as o.15’s baie goed gevaar, waar hulle in die Superreeks naaswenners was en ook in hul liga en die Leeusliga die semi-finale gehaal het.

Die toer gaan ’n hoogtepunt wees vir die seuns nie net omdat dit hul laaste jaar saam as ’n groep gaan wees nie, maar ook omdat van die seuns nog nooit in die Kaap was nie.

U mag ook in die volgende belangstel:

*Colour your world with fun;

*Colour Run raises funds for dancers;

*Dinamika Rugbymanne wen weer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button