HOËRSKOOL Marais Viljoen is genader om, na hulle suksesvolle revue, Bla bla cha cha cha, vir Beyond 2000 se SA Revue-kompetisie in te skryf.
Dit is egter onder baie moeilike omstandighede gedoen, aangesien die graad 10-leerders as gevolg van ‘n kamp nie hierdie keer kon deelneem nie, en die graad 12-leerders met Rekordeksamen begin het.
Maar Marais Viljoen se onderwysers en leerders het hulle nie laat afskrik nie en die uitdaging aanvaar.
Die groep moes van vooraf liedjies kies, dit tot ‘n ”medley” van 15 minute laat verwerk en nuwe danse en bewegings leer.
Al hierdie dinge moes binne drie weke aanmekaar gesit word, aangesien die kompetisie op 17 September, in Midrand, plaasgevind het.
Na verskeie onttrekkings het sewe hoërskole aan die kompetisie deelgeneem.
Marais Viljoen se leerders het behoorlik geskitter en het met die eerste prys weggestap, met Midstream College in die tweede plek en Hoërskool Kemptonpark in die derde plek.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



