NewsSchools

Leerlinge neem afskeid

Na die diens het leerlinge aan soetighede genuttig.

OP 11 en 12 Oktober het die wiskunde-leerders van Johanna de Villiers, ’n onderwyseres aan Hoërskool Marais Viljoen, finaal afskeid geneem van “Ek kan nie” en is hy ter ruste gelê onder ’n boom in Marais Viljoen se tuin. “Ek kan nie se naam word orals gebruik, maar ongelukkig word sy naam heeltemal te dikwels in die wiskunde-klas gebruik en dit was tyd om hom te begrawe voor die matriekeindeksamen,” het Johanna gesê.

Roubeklaers, in swart geklee, het in ’n stoet deur die skool beweeg en die begrafnislied gesing en onder meer verklaar “stof was hy en stof sal hy word, dis al wat ek nou nog kort dat Kannie my in vrede los – Ek’t wiskunde om op te los”. Die Engelse roubeklaers wat vir I Can’t begrawe het, se begrafnislied was: “Kannie Cannot sat on a wall, Kannie Cannot had a great fall. Out of my head and now he’s dead. Now I’m ready to move ahead!”

Nadat die leerlinge, die stoet en die kis ook ’n draai in die hoof se kantoor gaan maak het en haar aangemoedig het om, soos al die ander roubeklaers, dit wat haar pla, terughou of maak dat sy nie kan nie, neerskryf en in die kis gooi om begrawe te word.

Kannie word oorleef deur sy familie en vriende, ek kan, ek gaan beslis en ja nou dadelik.

“Na die diens is roubeklaers gevra om hul positiewe hoofligte aan te skakel en het hulle die begrafniskoek en koeksisters gaan nuttig,” het die wiskunde onderwyseres gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button