NewsSchools

Laerskool Randhart vat beste skool toekenning

Laerskool Randhart is vereer as die Primary School of the Year 2016.

LAERSKOOL Randhart se puik prestasies vir 2016 het op ’n hoogtepunt afgesluit toe hul vereer is as die Primary School of the Year 2016.

Die eer is aan hul toegeken by die Ekurhuleni-Suid Distrik se jaarlikse sport toekenningsgeleentheid.

Verder het die skool ook ’n eerste plek ontvang in die distrik vir die skool met die beste en mooiste terrein vir dienslewering.

“Ons is baie trots op ons skool en sien uit om op ons prestasies van 2016 voort te bou in 2017,” het die skoolhoof, Deon van Zyl, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button