
DIE Albertonse Mannekoor se jaarprogram is reeds opgestel en is reg om kleur en smaak aan enige funksie te bied.
Nie net tree die koor op in kerke, maar hulle kan ook die gemeenskap, skole en instansies help met fondsinsamelings deur middel van ‘n soiree choralis of ‘n sing-saam-aand.
Die soiree choralis is ‘n groot hoogtepunt waar ‘n driegangmaaltyd bedien word en die Albertonse Mannekoor die kelners is. Dit is voorwaar ‘n aand met baie pret en plesier wat gewoonlik baie stylvol is en baie geniet word.
Die jeugmusiektalentfees is ook weer op die program. “Ons beplan ook ‘n groot verrassing vir die Alberton gemeenskap hier rondom September, maar daarvoor maak ons jul nou net nuuskierig. Sodra finale reëlings getref is sal ons julle in kennis stel,” sê Rienie Venter.
“Ek rig weer ‘n uitnodiging aan die manne van die omgewing wat graag wil aansluit by die koor, jul is baie welkom. Die koor oefen elke Woensdagaand by NG Alberton Wes, in Forestraat.”
Vir meer besonderhede, skakel Venter by 083 232 0359 of e-pos rienieventer@gmail.com
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



