NewsSchools

Marais Viljoen ryg trofees in

Skool ontvang erkenning.

TYDENS Ekurhuleni-Suid se 2016 matriekprysuitdeling, wat op Donderdag, 26 Januarie, in die Germiston Stadsaal gehou is, het vyf Marais Viljoen-onderwysers en drie 2016 graad 12-leerders toekennings ontvang.

Die volgende onderwysers het tydens die 2016 matriekeksamen die beste resultate in die distrik gehad:

  • Louna Zwecker en Anne-Marié Potgieter, vir Engels eerste addisionele taal
  • Tarina van Heerden en Hannelize Kok, vir rekenaartoepassingstegnologie
  • Nico Pieterse, vir meganiese tegnologie, wat ook aangewys is as die vyfde beste in Gauteng.

Brendon Fourie (leerling) het die beste gevaar in Engels eerste addisionele taal, Zéandri Rautenbach in rekenaartoepassingstegnologie en Brandon Wood in meganiese tegnologie.

Die skool het ook die trofee ontvang vir die beste skool met ‘n tegniese studierigting. Die volgende vakke het daartoe bygedra: meganiese tegnologie, elektriese tegnologie en siviele tegnologie.

‘n Verdere toekenning is ook gegee vir Marais Viljoen se 100 persent slaagsyfer in die 2016 matriekeksamen. Tydens ‘n ander funksie, is dié skool ook aangewys as die sesde beste skool in terme van leerders wat aan ‘n universiteit kan gaan studeer.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button