SEUNS AFLOS STERRE: Voor (links na regs): Dylan Feenstra, Jarred Grünewald, Jean Adendorff, Matthew van der Mescht, Grant Coetzee en Weon van der Vyver; Agter: Ethan Taljaard, Alexander Pienaar, Jayden Middleton, Cardeon Korving, Marco Kunz, Cayden Ramage, Rynhardt van der Linden, Reece Claassen en Ryan Louw.
LAERSKOOL Randhart het weereens vir hul teenstanders ore aangesit by die jaarlikse aflosbyeenkoms by Alberton High School.
Op 8 Februarie was die Ranties genooi om deel te neem en hulle het al agt aflosse gewen, sowel as die o.10 tot o.13 spanaflos.
Met hierdie merkwaardige prestasie het Laerskool Randhart al die trofeë verower. Die seuns sowel as meisies is as die beste aflosspanne aangewys en die skool as beste aflosskool vir die byeenkoms.
DOGTERS AFLOS KAMPIOENE: Voor (links na regs): Zoey Coetzee en Winey Naude. Middel: Ijanke Naude, Bianca van Niekerk, Bianca Pieterse, Zanique Swanepoel en Jané Mulder; Agter: Simoné van Niekerk, Minette Marais, Chanté Thomas, Lindi-Ann de Vries, Tayla Deerans, Salomé Nel, Mckayla Roesch, Ziska Nel, Néka Stols en Charissa Botha.