Die Laerskool Randhart het weereens geskiedenis gemaak deur vir die vierde agtereenvolgende jaar aangewys te word as die Beste Atletiekskool in die distrik.
LAERSKOOL Randhart het weereens geskiedenis gemaak deur vir die vierde agtereenvolgende jaar aangewys te word as die Beste Atletiekskool in die distrik.
VERDER: Ethan Botha tydens een van sy spronge in die o.12 verspring.
Bo en behalwe hierdie groot prestasie, het die meeste atlete ooit gekwalifiseer om aan die Gautengkampioenskappe deel te neem. Altesaam 29 atlete het op 3 en 4 Maart aan 36 items deelgeneem.
IN VOLLE VAART: Allison Bellingham hardloop haar hart uit.
“Laerskool Randhart is trots op elke atleet wat vanjaar bygedra het tot ons uitsonderlike prestasies gedurende die atletiekseisoen,” sê die trotse Michael Boucher, van die skool.
SPRING JONG: Cayden Ramage doen sy ding in die 70m hekkies item.