MIN besef dat so klein bietjie gee op die einde van die dag ‘n groot verskil in iemand anders se lewe kan maak.
Op 5 Augustus het Marno Joubert en Ettiene Johannesen, twee Graad 10 leerders van Hoërskool Dinamika, trollies vol donasies by Stepping Stone Hospice se Charity Shop (oorkant Springbok Apteek in Alberton Mall) gaan aflaai.
Graad 10 leerders van Dinamika is al vir baie jare by die “Ubuntu-projek”, as deel van hul Lewensoriëntering-sillabus, betrokke. Hulle moet iets uit hul hart doen om op ‘n manier aan die gemeenskap terug te gee. Marno en Ettiene het toe besluit om hul taak ter ondersteuning van Stepping Stone Hospice te doen.
Die seuns sê dit het dankbaarheid na hul harte toe gebring en dat hulle sal dit meer gereeld wil doen. “Dit is lekker om aan die gemeenskap te kan teruggee,” sê Ettiene. Marno voeg by: “Ons sal dit graag ten minste twee maal per jaar wil doen.”
Hulle het ‘n groot verskeidenheid klere, speelgoed, kombuisware en sporttoerusting by die publiek ingesamel en dit aan die Charity Shop geskenk. Brenda Peach, kleinhandelbestuurder van die winkel, is baie trots op hulle. “Ek het vir die seuns mooi dankie gesê en aan hulle verduidelik hoe baie dit vir ons beteken. Dit is net wonderlik,” sê sy.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



