NewsSchools

Nasionale wenners van Kleuterzone kompetisie

Nie net het hulle gewen nie, hulle het drie ander toekennings ook ontvang.

TINY Bubbles Kleuterskool het vir die Kleuterzone Kompetisie ingeskryf en is as nasionale wenners 2017 bekroon en stap boonop met vier toekennings in totaal weg!

Die kompetisie het op 22 Oktober by die Southdowns College in Irene, Pretoria, plaasgevind.

Dié is die enigste skool van Alberton wat gekwalifiseer het om na die nasionale kampioenskappe deur te dring. Nie net het hulle gewen nie, maar hulle het drie ander toekennings ook ontvang: Oorspronklike Kostuums vir Hartsoldaat, Beste Liedjiekeuse vir Vlieg Hoog en Beste Choreografie vir Kaalvoet Sokkie.

kykNET: Anthonie Bougas, TV-aanbieder van kykNET, saam met Carene Koekemoer, hoof van Tiny Bubbles Kleuterskool.

Die kompetisie is deur Anthonie Bougas van kykNET aangebied en sal op ’n latere stadium op dié TV-kanaal uitgesaai word. 90 kleuterskole het vir die kompetisie ingeskryf waarvan slegs nege skole na die finale Nasionale Kampioenskappe deurgedring het – en daar wen Tiny Bubbles.

“Ek is baie geëerd en trots om te kan sê dat ons as nasionale wenners gekroon is,” sê Carene Koekemoer, hoof van Tiny Bubbles. “Dit het ure se oefening geverg, maar die kinders en ouers het dit baie geniet. Al ons ouers, kinders en personeel het, toe ons as die wennerskool aangekondig was, verhoog toe gehardloop.”

WENNERS IS BEKROON: Memory Möller, Eufesia Kruger, Cheryl Westenberg, Anthonie Bougas en Carene Koekemoer (hoof).

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button