LAERSKOOL Randhart onderwysers en ‘n groep ouers het onlangs behoorlik vir die Alberton Dierebeskermingsvereniging (DBV) gesweet.
Die groep weldoeners het besluit om die Telkom 947 Cycle Challenge te ry om fondse en kos vir die diere in te samel.
Soos dit tans staan het die skool R27 000 en 1.4 ton hondekos ingesamel.
Op 16 November het die groep vir ‘n lekker aandete en kuier as deel van hul borge-aand bymekaar gekom om dankie te sê aan almal wat tot die suksesvolle welsynsprojek bygedra het.

“Ons het besluit op die Alberton DBV omdat ons die nabye gemeenskap in Alberton wou ondersteun en meeste van die ryers honde- en katliefhebbers is en ons het geweet die DBV het altyd fondse nodig,” het Corli Carratu, een van die organiseerders gesê.
Daar was ‘n span van 34 amateur fietsryers in totaal (onderwysers en ouers) wat onder leiding van Flippie van der Berg, Corli Carratu en Johann Haasbroek ‘n plan van aksie bymekaar gesit het.

“Om voor te berei vir die 947 is oefening belangrik en ons het as span ‘n paar roetes vir voorbereiding gedoen. Onder andere het ons die Suikerbosrandroete ook gery, ” het Carratu bygevoeg.
Die span het vroeg op 19 November die langpad (94.7km) op hul fietse aangedurf wat by die Riverside Commercial Park in Fourways begin en geeïndig het.

“Ons wil baie dankie sê aan almal wat tot hierdie fantastiese inisiatief bygedra het, naamlik die hoofborg Van Ryns Attorneys, sowel as The Labour Advocate, Klopper en Jonker Inc, Korsten en Beukers, Postnet, Top Paints Meyersdal, E. Coetzee en Kie, Electro Plum & Maintenance, Karate Water, Wenpro, Rapid Fire, 4M Construction, RN Instrumentation, Akweja Bed & Breakfast, Dream Nails New Market (voucher), Decathlon (water bottels) en natuurlik al die ouers en onderwysers en organiseerders van Laerskool Randhart,” het Carratu gesê.





For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



